Laerskool Thabazimbi is baie bevoorreg om 2 puik kore, ‘n Junior koor en ‘n Senior koor te kan hê. Albei kore het op Maandag 27 Mei aan die Sing in Harmonie Koorkompetisie te Laerskool Rustenburg deelgeneem.
Albei die kore het uitstekend gevaar en beide is deur na die finale rondte wat in Oktober by Gold Reef City gaan plaasvind. Baie geluk aan al die koorlede asook hulle puik afrigters en begeleiers, “julle mag maar”!