Die Drama kinders van Laerskool Thabazimbi wat aan die Digitale kompetisies deelgeneem het!
Hulle het pragtig gedoen en daar wag nog groot oomblikke op die verhoog vir hierdie talentvolle en hardwerkende studentjies!!
Die kinders het met hulle monoloë só goed gedoen! Hulle het hard gewerk en aan die Streekuitdunne van Op Die Planke Monoloogfees deelgeneem! Die outjies wat A gekry het, het almal 89% behaal en A+ bo 90%! 13 September sal ons weet wie is gekies om Nasionaal deel te neem! RiVi Dramastudio het as dramaskool die beste landwyd gevaar!
Dramaweb SA se deelnemers
Die drie wat in die Top 10 was, het met ’n Zoom-optrede voor ‘n paneel van drie beoordelaars opgetree. Marianey du Plessis het (in die Gr RR tot Gr 1 -groep) derde landswyd geëindig.
Radikale Redenaars Digitale Kompetisie
Die boetie en sussie het ook aan dié kompetisie deelgeneem en baie goed gevaar!