)

Laerskool Stulting – Verwelkom nuwe maatjies

Laerskool Stulting. Die eerste dag van die “groot skool” was iets waarna baie maatjies oor die land uitgesien het. By Laerskool Stulting in Humansdorp was daar beslis geen tekort aan opgewondenheid nie! 

Die naweek voor die tyd is daar behoorlik geskarrel om tassies, skoolklere, potlode, ensovoorts, vir die eerste dag van skool gereed te kry.  Die maatjies kon omtrent nie wag om met skool te begin nie.  Met blink gepolitoerde skoolskoene kon hulle uiteindelik hul eerste tree van hul skoolloopbaan in die gange van Stulting gegee.   Die juffrouens was net so opgewonde om die nuwe maatjies in Graad 1, sowel as in Graad R te verwelkom.  Groot opgewondenheid het ook in die Graad RR-klassie geheers waar laggende kleingoed die jaar met hul handjies vol verf en klei begin het. 

Laerskool Stulting wens al hul nuwe maatjies ‘n geseënde skoolloopbaan toe. 

Baie welkom by die Stulting-familie!

Foto’s vlnr: Stephan Harding, NC Terblance, Ethan Maulgas, Leani Knoesen, Nina Bredell

Foto’s verskaf

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.stulting.co.za/

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal