Laerskool Stulting. Die eerste dag van die “groot skool” was iets waarna baie maatjies oor die land uitgesien het. By Laerskool Stulting in Humansdorp was daar beslis geen tekort aan opgewondenheid nie!
Die naweek voor die tyd is daar behoorlik geskarrel om tassies, skoolklere, potlode, ensovoorts, vir die eerste dag van skool gereed te kry. Die maatjies kon omtrent nie wag om met skool te begin nie. Met blink gepolitoerde skoolskoene kon hulle uiteindelik hul eerste tree van hul skoolloopbaan in die gange van Stulting gegee. Die juffrouens was net so opgewonde om die nuwe maatjies in Graad 1, sowel as in Graad R te verwelkom. Groot opgewondenheid het ook in die Graad RR-klassie geheers waar laggende kleingoed die jaar met hul handjies vol verf en klei begin het.
Laerskool Stulting wens al hul nuwe maatjies ‘n geseënde skoolloopbaan toe.
Baie welkom by die Stulting-familie!
Foto’s verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za