)

Laerskool Stulting verwelkom maatjies!

Hierdie Gr. 1-maatjies is baie opgewonde oor die “groot skool”.

Die eerste dag van die “groot skool” was iets waarna baie maatjies oor die land uitgesien het en by Laerskool Stulting was daar beslis geen tekort aan opgewondenheid nie!

Die naweek voor die tyd is daar behoorlik geskarrel om tassies, skoolklere, potlode ens. vir die eerste dag van skool gereed te kry.  Die maatjies kon omtrent nie wag om met skool te begin nie.  Met blink gepolitoerde skoolskoene kon hulle uiteindelik hul eerste tree van hul skoolloopbaan in die gange van Stulting gee.   Die juffrouens was net so opgewonde om die nuwe maatjies in Gr. 1, sowel as in Gr. R te verwelkom.  Groot opgewonde het ook geheers oor die splinternuwe Gr. RR-klassie wat behoorlike ingewy is met laggende kleingoed met hul handjies vol verf en klei.

Stulting wens al hul nuwe maatjies ‘n geseënde skoolloopbaan toe.  Baie welkom by die Stulting-familie!

Foto’s: verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby. Pearson High School, Gqeberha, proudly congratulates three of its rugby players on their selection to the EP U18 youth teams. These boys will represent their province…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal