Die afgelope week het die Gr. 2’s van Laerskool Stulting op hul jaarlikse uitstappie na African Dawn gegaan. Soos gewoonlik het die leerders hulself verkyk aan al die pragtige voëls en ook al die ander diere. Daar was ook darem tyd om te kon speel en om die dag met ‘n heerlike piekniek op die gras onder die bome af te sluit.