Die afgelope week was dit alweer toertyd vir Laerskool Stulting van Humansdorp se netbal- en rugbyspanne. Met ‘n bus stampvol opgewonde leerders het die lang pad na Oudtshoorn voorgelê.
Die leerders het hulle harte uitgespeel tydens die onderskeie wedstryde en was ook heerlik bederf met ‘n hele paar aktiwiteite gedurende die toer.
Hulle het onder andere die Safari volstruisplaas besoek, asook die Kango-grotte, Cango Wildlife Farm en Wilgewandel waar sommige leerders selfs kameel gery het.
Baie dankie aan al die Stulting-ouers, asook die onderwysers wat saamgetoer het. Die toer was uit die boeke uit en ‘n heerlike atmosfeer het deurgaans geheers!
Die spanne wat gaan toer het was:
Rugby o/11A en o/13A & B, asook netbal o/11A, o/12A en o/13A & B.
Die uitslae is soos volg:
· Spanne speel hulle 1ste wedstryde teen Laerskool Vorentoe en behaal baie goeie uitslae.
· Die 2de stel wedstryde was teen Laerskool Wesbank van Oudtshoorn. Gemengde uitslae is behaal, maar Stulting was baie trots op hul o/11A rugbyspan wat goed met Wesbank afreken het.
Foto heel bo: o/11A rugbyspan

















