Met soete engelstemme het Laerskool Stulting se senior- en juniorkoor die gehoor behoorlik bekoor tydens die optrede van Sing in Harmonie in Jeffreysbaai. Die leerders, onder leiding van Mev. C. Coetzee, Mev. R. du Toit en Mev. C. Landman, het hulself puik van hulle taak gekwyt. Boonop het die leerders te pragtig gelyk!
Beide die kore het deurgedring na die volgende rondte van Sing in Harmonie wat in die Veremarksaal in Port Elizabeth gedurende September sal plaasvind.
Stulting wil graag al die ouers en vriende van die skool wat hul kom ondersteun het bedank!
Foto bo: Stulting se Juniorkoor onder leiding van Mev. C. Coetzee (koorleier) en Mev. R. du Toit (begeleidster).