Me. Nicole De Readt en Me. Vicky van Wyk het die afgelope week ‘n 3-dag slypskool oor drama bygewoon. Die slypskool was deur die ATKV aangebied waartydens onderwerpe soos regie en spelleiding bespreek is.
Ira Blanckenberg en Marà Borstlap was die sprekers by die slypskool. Nie net het hulle wonderlike idees gegee wat tydens regie en spelleiding gebruik kan word nie, maar die bywoners van die slypskool moes ook so bietjie uit hulle gemaksone klim en sommige dingetjies prakties uitvoer deur hul lywe akteurs en regisseurs te hou!
Wat ‘n ongelooflike leersame ervaring!