Die Gr. R Dolfyn-klassie (links).Die sprokies-karakters was die hele skool vol en het elke klas betower met hulle teenwoordigheid! (middel). Al die Gr. R & RR maatjies saam met hulle juffrouens en Mnr. Coetzer (regs).
(Foto’s verskaf)
Die Gr. R & RR maatjies van Laerskool Stulting, Humansdorp, het so bietjie in Sprokiesland ‘n draai gaan maak. Die maatjies het lewe gegee aan Rooikappie, Pinocchio, Moana, Captain Hook en vele meer. Hulle het groot pret en vermaak aan die res van die skool besorg deur elke klas te verras en te spog met hulle oulike uitrustings.