Heelwat van Laerskool Stulting, Humansdorp, se leerders het die afgelope naweek aan die 10km en 25km Victory fietsry-resies deelgeneem.
Die terrein was rof, maar die fietryers het hul staal gewys en deurgedruk. Baie geluk aan elkeen wat hierdie moeilik resies voltooi het en in besonder ook baie geluk aan Nadia Dreyer met haar 1ste plek en Melita Steyn met haar 3de plek in die 10km wedren.
Stulting is trots op elkeen van julle!
Foto’s verskaf