Pragtige staproetes het ook deel gevorm van die vele aktiwiteite wat die leerders gedurende die toer gedoen het, asook lekker vars aarbeie. Yummies, daar is niks so lekker om die mooiste, rooiste aarbeie uit te soek en te pluk nie!
Gedurende die September skoolvakansie het 21 leerders van Laerskool Stulting, Humansdorp,die jaarlikse Akademiese toer meegemaak.
Die dagboek van die toer is soos volg:Day 1: Monkeyland, Birds of Eden, Elephant Sanctuary and Acrobranch. A busy day, but so worth it!
Dag 2: Knysna Strandmeer, eko-natuurroete (dapper en stapper). Heerlike middag by Great Impressions, waar hulle die mooiste goed self gemaak het.
Day 3: Redberry Farm with the largest maze in the Southern Hemisphere. “Yes, we came, we saw, we conquered!” Next up – strawberry picking. What a feast! Outeniqua Power Van is a must when you visit George. And don’t forget about the Transport Museum. They end the day at the Elevate Trampolienpark.
Dag 4: Shark Lab… swem saam met haaie. Dias Museum… en die hoogtepunt verseker die La Chocolaterie Rococo waar die leerders geleer het waar sjokolade vandaan kom, hoe dit gemaak word en BAIE BELANGRIK… hoe dit proe!
Day 5: Quad biking… what an awesome time! Plett Puzzle Park is a must on your bucket list. They had so much fun. Back home safely. Tired, but happy!
Hierdie toer was ‘n wonderlike ervaring vir die leerders. Nie net het hulle hulself geniet nie, maar kon hulle sommer baie in die proses leer. Baie dankie aan Juffrou Karin en Meneer Werner wat die leerders op die toer vergesel het en hulle weer veilig terug by die huis besorg het.