)

Laerskool Stilting Jaarlikse strandstap

Vir meer as 15 jaar is dit nou al ‘n jaarlikse tradisie van Laerskool Stulting om die einde van die 1ste skoolkwartaal met ‘n heerlike standstap by Kaap St. Francis af te sluit. Wat is dan nou lekkerder as ‘n dag langs die see met sand tussen jou tone om die vakansie-gevoel aan te wakker!

Met groot afwagting en opwinding het die leerders na die strandstap uitgesien. Toe uiteindelik breek die dag op 14 Maart aan. Die onderskeie grade het vanaf verskillende plekke al langs die see gestap. Die Gr. 6 en 7-leerders het vanaf die hawe tot by “Seal Piont”, ‘n allemintige 6km, gestap terwyl die Gr. 4 en 5-leerders die 4 km al om Kaap St. Francis punt tot by “Seal Piont” moes stap. Vir die Gr. R tot 3 leerders was daar ‘n groot verrassing. Hulle kon lekker speel op die sand en pragtige sandkastele bou.

Na afloop van al die lekker stap en speel op die strand kon die leerders heerlik piekniek langs die see hou. Ook die paashaas het vroegtydig ‘n draai kom maak en elke leerder is met ‘n lekker paaseier bederf.

Dit is ‘n ervaring wat die leerders gewoonlik jaar na jaar behoorlik geniet en hierdie jaar was geen uitsondering nie!

Foto bo: Die Gr. 2-Gogga-klassie geniet die dag gate uit.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal