Die 3de kwartaal het nog nie eers behoorlik afgeskop nie of die 1ste tennisspan van Laerskool Postmasburg het al twee wedstryde agter die rug.
Verlede week Woensdag is daar rakette en balle teen Curro Kathu A geweeg (of is dit nou gemeet).
Baie geluk aan Albert Oberholster en Laretta Ruffini wat hulle wedstryde gewen het. Maandag, 6 Augustus, is wedstryde teen Kathu C gespeel.
In totaal is 18 wedstryde gespeel waarvan Possies 15 gewen het. Graag wil die 1ste tennisspan vir Dr. Ian van der Merwe bedank wat die dogters se nuwe klere geborg het asook Corrie en Koos Fick wat vir die 1ste span se seuns en meisies hoedjies geborg het.
FOTO BO: Sieg Gericke (agter) saam met Laerskool Postmasburg se 1ste tennisspan. Afwesig op die foto is Laretta Ruffini. (Foto: verskaf)