DIE GHAAP, MAANDAG, MAART 4, 2019
Reeds vroeg in die 1ste kwartaal het tennisspelers van Laerskool Postmasburg aan die Noord-Kaap Tennisproewe in Kimberley deelgeneem.
Met ’n 5de plek is Albert Oberholster in die A-span opgeneem; Larita Ruffini het ’n 13de plek behaal; Brink van Zyl was in die 15de plek en Juanri Fick in ’n 16de plek.
FOTO: Larita Ruffini (links) en Juanri Fick (regs) het deelgeneem aan die Noord-Kaap Tennisproewe. (Foto: Facebook)