[et_pb_section bb_built=”1″][et_pb_row][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text]
Radikale Redenaars is ‘n redenaars-kompetisie vir skole waar leerders die geleentheid kry om in ‘n verskeidenheid kategorieë, in Afrikaans en/of Engels, te kompeteer. Hierdie jaar het ongeveer 8000 leerders van meer as 800 skole landswyd deelgeneem.
18 Leerders van Laerskool Park in Mosselbaai is na afloop van die uitdun- en Wes-Kaap-finale rondte gekies om op 13 Oktober aan die Nasionale Finaal in Pretoria deel te neem.
Uitstekende resultate is behaal.
TJ Vorster, Evert Potgieter, Wikus Smit en Johannes Pretorius is as Nasionale Wenners in die Graad 6- groep Afrikaanse redenaars gekroon.
Nog ‘n groep: Zehani Lodewyk, Franko Barkhuizen, Roelindi Pretorius en Fanie Keyser wen die Graad 5- groep Afrikaanse redenaars.
Die Graad 7-groep Eksperimentele redenaars, behaal ‘n 3de plek en die graad 2-groep Afrikaanse redenaars behaal ‘n 4de plek.
Individuele prestasies was as volg:
Fanie Keyser behaal ‘n 2de plek in die Graad 5 Eksperimentele Redenaars, Uysie Keyser behaal ‘n 3de plek in die Graad 7 Tweetalige Redenaars en ‘n 4de plek in die Graad 7 Eksperimentele Redenaars. Rossouw Gericke behaal ‘n 4de plek in Graad 4 Lees: Prosa
Foto heel bo: Graad 2’s
[/et_pb_text][et_pb_gallery _builder_version=”3.12.2″ gallery_ids=”18574,18575,18576,18577″ zoom_icon_color=”#007dc2″ hover_overlay_color=”rgba(255,255,255,0.9)” /][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]