Kayla Esselen en JT Strydom van laerskool Park in Mosselbaai is genomineer vir die Eden Distrik se Laerskool sportvrou en sportman van die jaar. Uit al die Eden distrik se skole is daar net 3 finaliste gekies waarvan Kayla en JT een van hulle is in die onderskeie afdelings. Dit behels nie net sportprestasies nie, maar sluit ook prestasies op kulturele en akademiese vlak in.
Laerskool Park is trots op julle! Ons hou vir julle stywe duime vas.
Foto’s:
Kayla Esselen en JT Strydom