Laerskool Park van Mosselbaai se Graad 4 – 6 leerders het ‘n Blitsbrein-kompetisie gehou waar Wiskunde, Afrikaans, Sosiale Wetenskap, Natuurwetenskap en Algemene kennis vrae beantwoord moes word met behulp van tablette en ‘n gonser binne ‘n bepaalde tyd.
Tydens die uitdunrondte het 164 leerders meegeding om die top vier spanne per graad te bepaal. Spanne bestaan uit 4 lede per graad wat moet saamwerk om hierdie strik-vrae te beantwoord.
Met die finale rondte was die kompetisie baie straf. Die senuwees het gelol, maar die vinnige breine en denkvermoë van die Parkies het koning gekraai.
FOTO BO:
Bo vlnr: Mila Wagenaar, Michelle Pretorius
Middel vlnr: Roelindi Pretorius, Ilane van Zyl, Nicole Fourie, Phoebe Janse van Rensburg
Onder vlnr: Zoe Pienaar, Ashley Brown, Tanya de Lange, Suzaan le Roux
Afwesig tydens foto: Megan Conradie en Maia Leonard