Vlnr: Maia Leonard, Chené du Plessis, Jan-Ockie Meyer en JP le Roux
Laerskool Park, Mosselbaai, se Astro Quiz span, JP le Roux, Jan-Ockie Meyer, Chené du Plessis en
Maia Leonard, presteer weer besonder goed vanjaar. Met ‘n druk program die afgelope paar weke,
weens die skool se revue, het hierdie vier leerders die skool verteenwoordig in die uitklop-rondtes wat
streekgebonde is. Hulle dring dan nou ook deur na die Wes-Kaap se semi-finale rondte wat op 29
Augustus in Kaapstad plaasvind.