Laerskool Outeniqua van George se Skoolkoor is op Sondag, 10 Junie, aangewys as die wenners van hulle episode in die bekende “Sing in Harmonie”. Hierdie landswye koorkompetisie bied aan kore die geleentheid om op TV te verskyn en sodoende hulle skool landswyd bekend te stel. Die koor sal vroeg in Desember aan die Suidstreke-Finaal in Port Elizabeth deelneem. Dit is ‘n heerlike vooruitsig vir hierdie groep kinders wat hard werk om hul doel te bereik.
Become a SponsorSuid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg
Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…










