Met die onlangse TV opname by Laerskool Outeniqua van George, vir die Kyknet program “Uitblinkers”, het vyf graad 6 seuns die gedig “Ek dink ek kan” onder leiding van Trudie Niehaus uitgevoer.
Die vyf seuns doen ‘n pragtige weergawe van die treintjie wat glo hy kan! V.l.n.r.: Henco Bester, Jannis Vermeulen, Jaco Renkin, Wilco Coetsee en Logan Jantjies