Die Gr 5-leerders van Laerskool Outeniqua van George het verlede week ‘n buitelugopvoedingkamp bygewoon by De Hoek, Oudtshoorn. Die leerders het aandagtig gekyk na ‘n lewensreddingsles deur ER24.
Hulle is ook fisies en emosioneel uitgedaag deur ‘n hindernisbaan. Verder het die leerders na Khoisan-rotskuns gaan kyk in ‘n grot en moes ook hul eie rotskuns en pyl-en-boë skep.
Die leerders het ‘n rivier-ekologie les vreeslik geniet waar hulle self rivierorganismes moes bestudeer.
Die leerders het ook vuur gemaak en gebraai, en hul eie skuilings gebou as deel van ‘n oorlewingsaktiwiteit.
Dit was ‘n baie suksesvolle kamp.