Laerskool Nelspruit is trots op hul leerders, Danieka De Castro, Xandely Steyn, Micke Botes. Leandi Lubbe, Nicole vd Merwe, Karin Fick, Evangelique Lloyd, Gezelle Erasmus en Isabella Erasmus wat tydens die skoolvakansie aan die Solo Danca Latina Dans Kompetisie deelgeneem het by Curro Meridian Nelspruit.
Dogters wat medaljes verwef het tydens hierdie geleentheid in die volgende dans style Classic, Latin en Energy: Xandely Steyn, Micke Botes en Danieka De Castro. Hulle het 6 Goue Medaljes, 4 Silwer en 2 Brons medaljes verwerf.
Micke Botes (#3), Evangelique Lloyd (#6) en #17 Xandely Steyn (#17) pryk ook op die Junior “International Solo DanceSport” se Top 20 ranglys.
Foto bo: Voor vlnr: Karin Fick, Xandely Steyn, Nicole vd Merwe en Gezelle Erasmus
Agter vlnr: Isabella Erasmus, Micke Botes, Evangelique Lloyd en Leandi Lubbe