Janco de Wet van Laerskool Muldersdrif in Krugersdorp, het die afgelope skoolvakansie as deel van die Protea karate-span Suid-Afrika verteenwoordig by die “World Karate Federation Youth World Cup” in Kroasië.
Daar was ongeveer 90 lande by hierdie byeenkoms teenwoordig.
Hulle het verder ook die geleentheid gehad om ‘n paar dae opleiding te ontvang by wêreldbekende, suksesvolle karate-leermeesters.
Mullie is trots op jou, Janco!