Nina Venter en Miné van der Merwe van Laerskool Mulderdrif in Krugersdorp, het Donderdag, 13 September, deelgeneem aan die GLOBAL DANCE SUPREME
South African Hip Hop Championships by die Walter Sisulu Saal in Randburg. Die twee Gr.7 dogters is deel van twee dans “crews”.
Die Superior Dance Squad het 3de plek verwerf en die Illest Crew het eerste plek gekry! Die Illest Crew het Saterdag 15 September deelgeneem aan die African Hip Hop Championships.
Baie geluk, meisies! Die Mullies is trots op julle!