Baie geluk aan Marnu Bouwer van Laerskool Muldersdrif in Krugersdorp wat Saterdag 10 November deelgeneem het aan die Sentraal Gauteng Atletiek Klubkampioenskappe in Germiston. Hy het die verspring gewen en ‘n 4de plek in die 1200m behaal.
Hy neem DV op 24 November deel aan die Interprovinsiale Klubkampioenskappe/ SA’s in Potchefstroom.