Laerskool Mooirivier het op 26, 27 en 28 Oktober 2017, hul tweejaarlikse revue-optrede in die Sanlam Ouditorium van die NWU gehad.
Meer as 850 leerlinge het aan die optrede deelgeneem. Die revue Tokkie Teatro is aangebied deur Michelle Hendriks (gr. 1 – 3) en Esmie Koornhof en Petro Coetzee (gr. 4 – 7)