Laerskool Mooirivier van Potchefstroom se o/12A-netbalspan het gedurende die naweek van 26 – 27 Julie in Bloemfontein deelgeneem aan die SA-kampioenskappe. Die span het hulle staal gewys en vyfde geëindig van al die o/12-netbalspanne in die land. Interessant om op te merk dat 4 van die 5 spanne wat bo-aan die puntelys geëindig het, Super 12-skole is. Die wenspanne was Wierdapark, Menlopark, Garsfontein, Vastrap en dan Mooirivier.
Die spanlede is:
Voor vlnr: Hesrie van Wyk, Mia Hills, Martie Schoonwinkel (afrigter), Alexia Delicado, Angelique van der Westhuizen
Agter vlnr: Mariné Jacobs, Amorie Loots, Christi-Mari Coetzee, Ménke van den Berg.