“Liewe Onderwysers en Parkies
Binnekort stap die graad sewes vir die laaste keer in hul laerskoolklere deur die hek by die B-veld.
Wat ‘n vreemde gedagte! Ons is klaar met laerskool…. Vir nege jaar lank was Laerskool Menlopark en Parkieland my ander huis. ‘n Skool propvol geleenthede waar ons kon leer, enige sport of buitemuurs onder die son kon doen, kliphard kon lag, lekker kon speel en waar ons net ons self kon wees. Ons het geleer “Groet is ‘n Moet”, dat niks ontmoontlik is nie en dat jy altyd weer kan probeer.
Dit is alles moontlik gemaak danksy baie spesiale onderwysers. Baie, baie dankie aan Meneer Bredenkamp, Juffrou Odette en aan elke liewe juffrou en meneer. ‘n Reuse dankie ook aan Meneer Tommie en Juffrou Suzette vir ‘n opwindende jaar en ‘n jaar vol pret op die Leerlingraad wat ek nooit sal vergeet nie. Dit was ‘n voorreg om ‘n leier te kon wees. Dankie aan elke trotse Parkie wat Menlo die spesiale skool maak wat dit is.
Daar is so baie dinge wat ek gaan mis: die stoute kaas toebies by die snoepie, KDA periodes wat my voorberei vir Desember vakansie, die warm staaltrappe na Meneer Cobus se klas toe en vinnig hardloop om pouse ‘n blok langs my maatjie te kon kry.
Ek kan nie afsluit sonder om dankie te sê vir die Here nie. Dit is slegs uit genade dat ek kan terug kyk op ‘n besonderse laerskool loopbaan.
Wees fier!”