)

Laerskool Menlopark Hoofleiers groet namens Gr 7 klas

Menlo gee graag aan ons hoofleiers van 2020 die kans om Menlo te groet namens die graad 7 klas. Ininke Human groet vandag.
Liewe Parkies
Dalk was hierdie jaar nie soos die 2020 wat ons almal verwag het nie. Maar is ek dankbaar vir dit wat ons, ten spyte van Covid 19, bereik het. Met my laaste laerskooljaar wat tot ‘n einde begin kom, dink ek terug aan my tyd hier by Laerskool Menlopark.
Die afgelope jare sal ek vir altyd onthou en koester! Wat ‘n ongelooflike groeiproses, saam met wonderlike onderwysers en fantastiese maats. Ek sou graag meer tyd wou hê om werklik afskeid te kon neem. Elke graad 7 leerling kan saam met my getuig daarvan dat dit voel asof ons al die laaste van die laastes van ons Laerskooldae misgeloop het! Maar is ek trots om te kan sê dat ek deel was van die graadgroep wat voorgeloop het in die Covid-19 jaar!
Ek seën elkeen van julle met vrede binne elke dag se uitdagings en die wysheid om te onthou dat die lewe oor meer gaan as net take en toetse. Geniet pouses en bou aan jou vriendskappe. Wees daar vir mekaar, moedig mekaar aan en lig mekaar se hande. Voor jy jou oë uitvee, het jy die mooiste herinneringe gemaak!!
Geniet elke oomblik en bid ek dat volgende jaar vir julle almal ‘n normale skooljaar vol ou skool-tradisies maar ook nuwe horisonne sal wees!
Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal