Laerskool Kruinsig, Kemptonpark, se o/9 krieketspan het hulle liga onoorwonne afgesluit met ‘n baie goeie wen teen Laerskool Impala.
Kruinsig het eerste gekolf en danksy goeie beurte van Benjamin de Beer (21), Jean Meyer (14), Logan Pitzer (12) en Jay Jay Blom (10), kon hulle n redelike totaal van 98/9 behaal.
In die veld het almal mooi saam gewerk en Benjamin, Jay Jay, Luayden du Toit en Rikus de Jager het elkeen goeie vangkanse of uithardlope bewerkstellig. Robert Brown met syfers van 2/19 in vier beurte het goed begin en was later goed deur Benjamin 2/5 in 3, bygestaan. Maar die man van die wedstryd was vir seker Leander Smith met syfers van 4/12 in 3 en ‘n half beurte!
Sterkte aan al hierdie seuns vir die Easterns uitspele!