Laerskool Hartenbos het die gr 7’s van 2014, wat nou in hulle matriekjaar is, genooi vir ’n spesiale saalbyeenkoms waarby hulle sterkte toegewens is met hulle toekomsplanne.
Al die oud-onderwysers wat in 2014 nog by die skool betrokke was, het ook die geleentheid bygewoon. Daar is foto’s gewys van hulle laerskool dae by Hartenbos terwyl staaltjies vertel en uitgeruil is.
Dit was ’n lekker kuier-geleentheid waar almal wat na verskillende skole in gr 8 is, weer mekaar kon sien.
V.l.n.r. Tristan Atsell (onderhoofseun 2019) Wally Roux (hoofseun 2014), Christi Snyman (hoofdogter 2014), Nadia Badenhorst (onderhoofdogter 2019)