Van die Dolfyne in graad 6 het onlangs ‘n kursus in studiemetodes bygewoon onder leiding van Me. Zetni de Beer. Hier spog ‘n paar van hulle met hulle sertifikate.
Laerskool Hartenbos Akademie
Elke opvoeder, ouer en leerder asook alle rolspelers in die skoolgemeenskap is verbind tot ‘n akademiese program van uitnemendheid.
Hierdie instansie poog om leerders met uitstaande vaardighede en genoegsame kennis aan ‘n elastiese arbeidsmark te lewer met die uitsluitlike doel om elke leerder die geleentheid te gee om in hierdie arbeidsmark suksesvol te wees en om optimaal aan die ekonomie deel te neem.
Om hierdie rede fokus Laerskool Hartenbos nie op ‘n rigiede kurrikulum nie, maar word daar eerder gepoog om onafhanklike denke, die vermoë om te bevraagteken en antwoorde te vind asook die vermoë om kritiese ontleding van die werklikheid te doen, aan te moedig.
Kennis, vaardighede en drilwerk kry beslis die broodnodige aandag wat dit verdien.