Vlnr: Marlene Lucas, Leandra Smit, Martie Verwey en Karelien Kirsten.
Laerskool Hartenbos het hul sekretaresses op sekretaressedag bederf om dankie te sê vir al hulle harde werk en toewyding in die skool se kantore. Dit is nie altyd die maklikste werk nie en hulle kry nie altyd die nodige krediet nie.
Jul harde werk gaan nie ongesiens verby nie!