Kyle Burns, lid van die Gordonsbaai NSRI en 2018 Hoërskool Strand matriekulant, laat weereens sy alma mater baie trots voel. Vroeër die jaar is daar in die koerant berig van die spesiale reddingspoging wat hy uitgevoer het om ‘n vasgekeerde hond van die rotse by Gordonsbaai te red.
Hierdie keer kan daar weer met sy uitsonderlike prestasie gespog word. Hy het op 14 November sy Klas 4 “Coxswain”-assessering (dit is die kaptein/stuurman in bevel van die vaartuie en mense op die vaartuie) gedoen. Hierdie assessering behels teoretiese en praktiese opleiding, wat hy in ‘n baie kort tydperk afgehandel en uitstekend presteer het. By die NSRI se jaareindfunksie die afgelope naweek het Kyle sy sertifikaat vir hierdie uitstaande prestasie ontvang. Hy is nou, op 20-jarige ouderdom, ‘n gekwalifiseerde Vlak 4 stuurman (“Coxswain”) by die NSRI.
Kyle, die Arende is baie trots op jou!
Foto’s verskaf










