Laerskool Outeniqua in George is opgewonde oor die besoek van KykNet om grepe vir die Uitblinkers-program op te neem.
Daar is besoek gebring aan enkele klasse, waar leerders hul droom vir ons land en planne vir hul toerkoms kon deel. Die kunsafdeling, musiekafdeling, mediasentrum en rekenaarsentrum is ook besoek en kinders het soos sterre opgetree terwyl hulle verfilm is.
Die dag is afgesluit met ‘n Uitblinkers-konsert waar ons beste kultuursterre opgetree het. (Foto heel bo:) ‘n Hoendervleisoomblik was die gesamentlike sang in die skoolsaal.
(Foto 4:) Die skoolkoor, (Foto 5) Die Vokale Ensemble, (Foto 6:) Marli en Zoë vermaak almal met hul poppekas, (Foto 7:) Zani Vermeulen en Shinead Mollentze met hul Wear Art uitrustings.