‘n Groep van vier Landsdiensleerders van Hoërskool Cradock het die afgelope skoolvakansie deelgeneem aan die jaarliske Provinsiale Landsdiens Streekkamp te Jeffreysbaai. Bianca Gildenhuys, Rozelma van der Merwe, Asive Solo en Inga Meyi (op die foto heel bo), het vanaf 3 Julie tot 7 Julie 2017 die kamp byggewoon, waar verskeie ander skole van die Oos-Kaap ook teenwoordig was. Die leerders het die voorreg gehad om ‘n verskeidenheid plekke besoek en aktiwiteite te geniet, wat hulle baie leersaam gevind het.
Tydens hierdie kamp is Bianca Gildenhuys, Rozelma van der Merwe en Inga Meyi gekies om aan die Nasionale kamp deel te neem wat sal plaasvind gedurende Desember 2017. Hoërskool Cradock is baie trots op hierdie leerders en wens hulle alle voorspoed toe!
Become a Sponsor