Vier leerders van die Hoërskool Cradock is gekies om die komende naweek deel te neem aan die Middelande Sub-unie Rygbytoernooi te Aliwal-Noord.  Andrew Collett, Okhule Ynata, Franco Collorossi en Smiso Vabaza is ingesluit in die o/15 span wat tydens hierdie toernooi gaan deelneem.

Mnr. JR Foreman, sportbestuurder by CHS, is ook gekies vir die afrigtingspan wat hierdie groep leerders na Aliwal-Noord vergesel.

CHS is baie trots op hierdie talentvolle Kwaggas en wens hul alle sterkte toe vir die toernooi.

Op die foto bo:

Voor vlnr:  Andrew Collett, Okhule Yanta

Agter vlnr:  Franco Collorossi, Mnr. JR Foreman, Smiso Vabaza

 

Become a Sponsor