Vlnr: Michael Nortje, Desmond vd Walt, Ruan Groenewald, Andries Vermeulen, Blake Botes, Juan Barnard, Gean Lategan en Dandré De Villiers
Op 24 Mei het die Kwaggas se 1ste Gholfspan `n vriendskaplike wedstryd teen HLS Oakdale gespeel.
Hulle het 18 gate gespeel en die formaat was “Better Ball Matchplay”. Die Kwaggas het hulself baie goed gekwyt van hul taak op die George Gholfbaan en daarin geslaag om die wedstryd 4 – 0 te wen.
Die spelers van Hoërskool Outeniqua wat besonder goed presteer het, is Blake Botes en Juan Barnard.