Hoërskool Upington het hierdie jaar hulle 6de Uppies Krieketfees aangebied vir 0/15 en 0/19 seuns op 26 en 27 Augustus 2016.
Tydens die Uppies krieketfees was daar 14 spanne wat aan die vriendskaplike wedstryde deelgeneem het. Die spanne het op 7 krieketvelde gespeel in die dorp.
Elke span het 3 wedstryde gespeel tydens die fees; 25 boulbeurt wedstryde wat deur die dag plaasgevind het en een 10 boulbeurt aandwedstryd waarna al die seuns altyd uitsien omdat om onder lig krieket in die aand te kan speel `n belewenis is; en op die laaste dag n 50 boulbeurt wedstryd. Die spelers het dit baie geniet en gewys waartoe hulle in staat is.
Dit was `n groot sukses en almal het dit gate uit geniet. Die vure het hoog gebrand onder ons potjiekoskompetisie se potte en saam met dit het goeie vriendskappe tussen die ouers, vriende en afrigters gegroei.
Uppies het dit baie waardeer om die hoërskole hier te kon hê en te kan help met die groei van krieket hier in ons platteland.
Hoërskool Upington bedank Hanlu Kotze van Sanlam, Bernard Engelbrecht van URB en Marius Steenkamp van Kalagadi Signs wat die dag geborg het. Baie dankie vir julle betrokkenheid by Hoërskool Upington en dan spesifiek ook by krieket. Dit word opreg waardeer.
Become a Sponsor