Krieket Wonderboom. Die Hoërskool Wonderboom in Pretoria se o.15 krieketspan het groot hoogtes bereik die afgelope krieketseisoen. Die span het uit die sewe wedstryde wat gespeel is ses gewen! Vier van die seuns is ingesluit in die eerstespan groep waarvan twee al hulle debuut gemaak het.
Die spanlede is Franco du Plessis, Tyron Janse van Noordwyk (Kaptein), Hein Reiners, Rivan Stoman, Donovan van Heerden, Edward Henrico, Amar Nolte, Kevin Fensham (Onderkaptein), Elden Potgieter, Eduan Kritzinger, Luke Elliston, Tristin Gilardi en Anrich Boschoff.
Hierdie skitterende span se uitslae is as volg:
Hoërskool Hartbeespoort: wen met met 4 paaltjies
Sutherland High: wen met 7 paaltjies
Hoërskool Pretoria-Noord: wen met 6 paaltjies
HTS John Vorster: wen met 8 paaltjies
Hoërskool Overkruin: wen met 76 lopies
Wen Hoërskool Wagpos met 60 lopies
Hoërskool Eldoraigne: verloor
Die Hoërskool Wonderboom bedank graag die afrigter van die span, Coach Ruben. Dankie vir jou uitstekende werk met die span.
Baie geluk manne! Bou so voort!
Lees meer oor Hoërskool Wonderboom: