[et_pb_section admin_label=”section”][et_pb_row admin_label=”row”][et_pb_column type=”4_4″][et_pb_text admin_label=”Text”]

Wat ‘n voorreg was dit nie om op een van die land se mooiste Klein Karoo dorpe te kon gaan krieket speel nie.

Hoërskool Upington se eerste krieketspan het vroeg in Januarie aan die Union High Krieketfees gaan deelneem. Die wedstryde op die eerste dag was maar van korte duur of het glad nie plaasgevind nie, as gevolg van mildelike reën wat in die gebied geval het maar almal het met dankbare harte vir die reën gekyk.

Die tweede dag het ons op die asemrowende veld van Asante Sana teen Daniël Pienaar gespeel; die veld is so 50km buite die dorp. ‘n Veld waar die renosters en bokke gereeld kom kyk het wat die telling is en saam gejuig het vir ‘n paaltjie wat val.

Dag 3 het ons op Volkskool se velde teen Paarl Boys High gespeel.Elke speler het sy bydrae gemaak maar die uitblinkers was Lemley Mulder met 60 lopies en Benré Engelbrecht met 26. Nakkie Duvenhage het 3 paaltjies geneem.Uppies teken 143 lopies aan. Ons verloor ongelukkig die wedstryd met 6 balle oor.

Die toer het die span goed voorberei vir die seisoen wat voorlê en elkeen is vuur en vlam om net hul beste te doen.

 

Foto 1 – Nakkie Duvenhage

Foto 2 – Lemley Mulder

[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][et_pb_row admin_label=”Row”][et_pb_column type=”1_3″][et_pb_image admin_label=”Hoerskool Upington Krieket toer” src=”https://www.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2017/01/Hoerskool-Upington-Krieket-toer-4.jpg” alt=”Hoerskool Upington Krieket toer” title_text=”Hoerskool Upington Krieket toer” show_in_lightbox=”on” url_new_window=”off” use_overlay=”off” animation=”off” sticky=”off” align=”left” force_fullwidth=”off” always_center_on_mobile=”on” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid”] [/et_pb_image][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_3″][et_pb_image admin_label=”Hoerskool Upington Krieket toer” src=”https://www.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2017/01/Hoerskool-Upington-Krieket-toer-3.jpg” alt=”Hoerskool Upington Krieket toer” title_text=”Hoerskool Upington Krieket toer” show_in_lightbox=”on” url_new_window=”off” use_overlay=”off” animation=”off” sticky=”off” align=”left” force_fullwidth=”off” always_center_on_mobile=”on” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid”] [/et_pb_image][/et_pb_column][et_pb_column type=”1_3″][et_pb_image admin_label=”Hoerskool Upington Krieket toer” src=”https://www.schoolsthatrock.co.za/wp-content/uploads/2017/01/Hoerskool-Upington-Krieket-toer-1.jpg” alt=”Hoerskool Upington Krieket toer” title_text=”Hoerskool Upington Krieket toer” show_in_lightbox=”on” url_new_window=”off” use_overlay=”off” animation=”off” sticky=”off” align=”left” force_fullwidth=”off” always_center_on_mobile=”on” use_border_color=”off” border_color=”#ffffff” border_style=”solid”] [/et_pb_image][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section]

Become a Sponsor