Krieket Noordvaalbeker Uitspele. Die Rusties se o.15A-krieketspan het koning gekraai teen Hoërskool Pietersburg tydens die Krieket Noordvaalbeker uitspele. Op Saterdag, 21 Oktober, behaal Hoërskool Pietersburg 95/10 na 19 beurte. Die Rusties behaal 99/4 na 11.3 beurte en wen met 6 paaltjies.
- Tristan van der Linde van Hoërskool Rustenburg is aangewys as die beste kolwer van die dag toe hy 29 lopies aangeteken het.
- Tristan van der Linde het 22 n.u.n met die kolf behaal en 2/16 in sy boulbeurte.
- Thian Labuschagne behaal ook 22 lopies en 3/39 in sy boulbeurte.
- Na afloop van die stryd is Augie Behrens as beste bouler aangewys met 2/0.
- Nathan Fourie het 2/9 in sy boulbeurte behaal.
Eerskomende naweek, 28 Oktober, sê die top-8 skole mekaar die stryd aan in die Noordvaalbeker- kwarteindrondte.
Die Rusties se o. 15A-span gaan kragte meet teen Hoërskool Transvalia.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf