Krieket. Hoërskool Ermelo se O.14-krieket span het op 1 Augustus te staan gekom teen Hoërskool Piet Retief.
Die teenstanders wen die loot en boul eerste. Die Erries het hul kolfbeurt voltooi deur ’n telling van 173 bymekaar te maak en sewe paaltjies af te staan. Piet Retief het tydens hulle kolfbeurt 153 op die bord gesit deur net ses paaltjies te verloor.
Die EHS-o.14’s wen die wedstryd met 17 lopies. Uitblinkers in hierdie wedstryd was Dian van Aarde wat in sy kolfbeurt 63 geslaan het van 34 balle en SS Cilliers wat drie paaltjies geneem het.
Die o.15- krieket span van EHS het op 3 Augustus ook teen Hoërskool Piet Retief te staan gekom. Piet Retief het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Die tuisspan het daarin geslaag om 133 lopies in hul 20 beurte vir die verlies van ses paaltjies aan te teken. Die Erries kon slegs 104 lopies aanteken en verloor die wedstryd met 29 lopies. Uitblinkers vir die Erries was Eben Genade wat twee paaltjies geneem het vir agt lopies en Waylan Meyer met 2 paaltjies vir 23 lopies. Waylan Meyer teken ook 25 lopies aan tydens sy kolfbeurt en Pierre Duvenage teken 16 lopies aann.
Hoërskool Hoogenhout
Op 13 Augustus was dit die o.16-span se beurt teen Hoërskool Hoogenhout van Bethal. EHS het die loot gewen en besluit om eerste te boul. Hoogenhout het 297 vir 10 aangeteken en die Erries kon ongelukkig net 140 vir 10 aanteken. Hoogenhout wen met 157 lopies.
In hul eerste wedstryd op 10 Augustus, kom EHS se dogters-krieketspan te staan teen Hoërskool Oosterland. EHS wen die loot en kies om eerste te boul. Oosterland teken 102 aan en al die kolwers word uitgeboul in 18 boulbeurte. EHS se dogters kon ongelukkig nie daarin slaag om die telling in hul 20 boulbeurte verby te steek nie en verloor die wedstryd met 25 lopies. Mikaela Hand het uitgeblink by die Erries met die bal met vyf paaltjies vir 25.
Hierdie was die eerste keer wat die Errie-dogters krieket gespeel het en het hulself uitstekend van hul taak gekwyt.
Tweedespan
Die tweedespan wat op 11 Augustus teen Hoërskool Hoogenhout gespeel het, het met ses paaltjies gewen. Die Erries jaag 147 vir ’n oorwinning en behaal dit gemaklik met slegs vier paaltjies plat en vier boulbeurte oor. Ernst Bredenhann blink uit met sy tweede vyftig-tal in slegs twee wedstryde. Nog ’n uitblinker is Armand du Preez met ’n onoorwonne 31 lopies.
Hoërskool Ermelo se eerstespan krieketseuns het op Saterdag 13 Augustus teen Hoërskool Hoogenhout te staan gekom. Hoogenhout het eerste gekolf en voltooi hul kolfbeurt met slegs 163 op die telbord, almal uit. Op hulle beurt kon die Erries nie dié telling verbysteek nie en verloor die kragmeting met 48 lopies. Uitblinkers vir die Erries was Tobie Leibbrandt wat 4 paaltjies geneem het vir slegs 18 lopies en met Rian Barnard wat 29(25) aangeteken het.
EHS is trots op elke span en wens elkeen sterkte toe vir die seisoen wat voorlê.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf