Krieket – Hoërskool Aliwal Noord het vanaf 11 tot 15 Julie in Rustenburg deelgeneem aan die GZ Sport krieket toernooi.
ANHS se spelers het baie goed vertoon en mededingende krieket teen groot en tradisionele sterk krieketskole gespeel.
Krieket spelers wat hulle skole verteenwoordig het, was:
- Monument Park (Krugersdorp)
- HTS Witbank
- Transvalia (Vanderbijlpark)
- Aliwal North High School
- Hoogenhout (Bethal)
- GZ Invitational Rustenburg
- Frikkie Meyer (Thabazimbi)
- Hartbeespoort
ANHS se eerste krieket span het bestaan uit: Wium Smit (Uittredende kaptein), Sizwe Maphisa, David le Roux, Logan Geldenhuys, Lutho Sileli, Regard Vorster (Nuut aangestelde kaptein 2022-2023), Tiaan Nagel, Damien Britz, Okuhle Dyani, Brad Vorster, Yola Dinga, Milani Fudumele en Holoka Leanya.
Die toer se fokus was om aan 50 beurte krieket gewoond te raak. Alies gaan baie op die formaat fokus in die komende seisoen. Alhoewel hulle ‘n jong span het, is daar beslis genoeg talent. Hulle gaan vir ‘n paar verrassings sorg in die komende seisoen.
- Brad Vorster neem drie paaltjies teen Hartbeespoort.
- Regard Vorster teken 56 lopies aan teen HTS Witbank en neem vier paaltjies teen Frikkie Meyer.
- Logan Geldenhuys, Tiaan Nagel en Sizwe Maphisa vertoon baie goed met hulle boulwerk deur die toenooi.
- Tiaan Nagel en David le Roux was van die beste veldwerkers op die toernooi.
Die krieket spelers se gedrag op en van die veld is gereeld melding van gemaak. Groot dank aan elke ouer wat die toer moontlik gemaak het. Dank ook aan Mario Geldenhuys en Yolandé Geldenhuys vir die spanbraai en spanbou voor die toer.
Daar word met groot verwagting uitgesien na die komende krieket seisoen. Die restourasie van die kolfblad op die B-Rugbyveld het ook begin en eersdaags sal die eerste bal daarop geboul word.
Baie dankie ook aan al die borge.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.facebook.com/AliesANHS/photos/
Foto’s voorsien