Krieket Capping. Na ‘n onderbreking van 24 maande agv die Covid-19 pandemie, het Noord-Kaap Krieket weer die afgelope Vrydagmiddag hul tradisionele “Capping – ceremony” gehou. Vier leerders van Hoërskool Kalahari het tydens hierdie geleentheid hul provinsiale ” Caps ” ontvang. Luanè Schoeman en Lorika Kruger is ingesluit in die 0/19 meisiespan.Shuanique Stewart verteenwoordig die 0/16 meisiespan terwyl Malan Lubbe vir die 0/16 seunspan gekies is.
Op Saterdag, 13 November, het die Noord-Kaap krieketspanne dan ook hul tradisionele tweestryd met die Vrystaat voortgesit. Luanè teken 48 lopies van 90 balle aan in haar heel eerste provinsiale wedstryd. Voorwaar ‘n uitstekende prestasie. Malan vaar die beste van die Noord Kaap 0/16 kolwers met ‘n goeie 64 lopies van 48 balle.
Hierdie 4 Kalahari leerders neem in Desember aan hul onderskeie CSA Nasionale Krieketweke deel.