Voor vlnr: Shaldon Cloete, Rique Slabbert, Benno-Wayne Friedberg, Bradley Gous, Geo Engelbrecht en Jano Malan
Agter vlnr: Johannes du Plessis, PA Karsten, Petrus Labuschagne, Brend Mulder, Jaden Fortuin, Ferdie Richter en Daylon Beukes
Uppies se Krieket is besig om met rasse skrede te groei. Nuwe talent laat die vooruitsigte vir die toekoms baie helder lyk. Uppies is in ‘n boufase om spelers tot hul volle potensiaal te ontwikkel en dit word bereik deurdat spelers in die O/15 en 1ste span van die skool speel.
Die O/15 span het sover al hul wedstryde die seisoen gewen en die 1ste span wat ‘n jong span is, het 1 wedstryd gewen.
Hulle het teen Hoërskool Kathu se 1ste span gespeel en het met ‘n oorwinning weggestap. Hulle beplan om vroeg in volgende jaar op hulle tuisveld weer teen hulle te speel.
Hoërskool Kuruman sal vroeg in die nuwe jaar kragte meet teen Uppies se eerste span op Uppies se tuisveld. Die beplaning is om die Maandag en Dinsdag voor die skool begin ‘n T20 en 50 boulbeurt wedstryd te speel.
Omdat die skole liga so beperk is met skole wat speel, het dit die gevolg dat spelers nie baie wedstryde speel nie en is daar besluit om 2 spanne in die dorp se T20 liga in te skryf. Dit gee meer kinders die geleentheid om Krieket te speel op Saterdae.
Daar is in elke span senior spelers om die jong manne te lei en by te staan in die wedstryde. Altwee spanne het sover gemengde welslae gehad die seisoen, maar die doel is om die jong spelers soveel moontlik blootstelling te gee die seisoen.