Kovsie Smash 2026. Toernooi-verslag en Top Presteerders.
Hoërskool Fichardtpark se Krieket XI het ’n uitmuntende Kovsie Smash T20-toernooi voltooi. Die span het die groepfase onoorwonne afgesluit met vier oorwinnings uit vier wedstryde. In die semi-finaal het hulle ongelukkig teen Transvalia vasgeval en ook die uitspeelwedstryd vir 3de en 4de plek teen Kalahari verloor. Ten spyte hiervan het Fichardtpark steeds ’n puik 4de plek algeheel behaal uit ’n veld van 19 deelnemende skole – ’n prestasie waarop die hele skool met reg trots kan wees.
Spanpoging en Afrigters
Baie geluk aan al die spelers en afrigters, mnre Sarel Steyn en Juan Theunissen, wat met ’n sterk spanpoging hulself bewys het. Die toernooi het weereens getoon dat Fichardtpark se krieketprogram op ’n stewige fondament gebou is.
Dankbetuigings
’n Spesiale woord van dank aan mnr André Burger, die toernooi-organiseerder, vir ’n besonder professionele en goed-georganiseerde toernooi.
Verder ook waardering aan die krieketondersteuningspan wat hul vakansie opgeoffer het om die sukses van die toernooi te verseker:
- Mnr Mario Geldenhuys – velde en balle
- Mnr Conrad Pienaar – funksies
- Mnr Riaan Herholdt – finansies
- Mnr Reon Vosloo – koshuis
- Mnr Morné Durand – sosiale media
- Mnr Michael Combrinck – balle en velde
- Mnr Dirkie Groenewald – fotografie (Dirkie Groenewald Foto’s 2020)
Lees meer interessante skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf










