Op 31 Maart en 1 April 207 het drie Uppieskuts aan die finale VSA-proewe deelgeneem wat in Florida, Johannesburg, gehou is.

Die kompetisie bestaan uit twee drie-posisie en een 10m kompetisie.  Elné du Toit eindig in totaal eerste en Francois du Plessis tweede. Juan Steenkamp het ook baie goed gevaar.

Elné, Francois en Juan word dus ingesluit in die Skoleskietspan wat teen Amerika gaan meeding.

Die toer na Amerika is vanaf 13 Julie tot 30 Julie 2017.

Foto: Elné du Toit, Francois du Plessis en Juan Steenkamp

Become a Sponsor