Ewan Schoeman en Jan-Hendrik Marx.
HoĆ«rskool Punt is trots op die 2019 Krieketfees, wat in samewerking met KFC Heiderand en Voorbaai,Ā gedurende die vakansie vir 0/19-spanne aangebied is.Ā Dit was vanjaar die 21ste keer dat skole van regoor Suid-Afrika hier in die Suid-Kaap bymekaar gekom het om krieket te speel.
Die volgende skole was by vanjaar se Krieketfees betrokke: HoĆ«rskool Punt, HoĆ«rskool Outeniqua, Glenwood House, HoĆ«rskool Oudtshoorn, Langehoven Gimnasium, HoĆ«rskool Sentraal (Beauford-Wes), Despatch, Parel Valei, HoĆ«rskool Brackenfell, HTS Daniel Pienaar, HoĆ«rskool Tygerberg, HoĆ«rskool Strand,Ā Diamantveld, Framesby, HoĆ«rskool Jim FouchĆ©, HoĆ«rskool Durbanville, HoĆ«rskool Stellenberg, Nico Malan, HoĆ«rskool Ballville, HoĆ«rskool Charlie Hofmeyr, Swartland, Dirkie Uys, Paarl Gimnasium, HoĆ«rskool Sentraal (Bloemfontein), HoĆ«rskool DF Malan en Marlow Landbouskool.
Die doel van hierdie jaarlikse fees is om aan 0/19-seuns die geleentheid te bied om hul vaardighede te slyp, vriendskappe te smee,Ā en die pragtige omgewing te verken en te geniet om sodoende tot die ontwikkeling van die plaaslike krieket en die gemeenskap by te dra. Dit vorm ook met trots deel van die Mosselbaai Munisipaliteit se jaarlikse sportfees wat ān aktiewe leefstyl aanmoedig, en Mosselbaai, die dorp, bemark.
Vanjaar het 26 skole aan die toernooi deelgeneem. Wedstryde is in George, Oudtshoorn en Mosselbaai gespeel. Hoƫrskool PUNT en KFC is trots om deel te wees van hierdie projek!
Hoƫrskool Punt se spelers het baie goed gevaar en mooi resultate gelewer. Ewan Schoeman (gr. 8) het 7 paaltjies geneem teen Swartland en 4 teen Tygerberg. Jan-Hendrik Marx het 104 lopies aan teen Swartland aangeteken.
Hierdie is ān trots HoĆ«rskool Punt en Mosselbaai Dorp geleentheid!
Ā