)

HOËRSKOOL PUNT GEE OM – WISH HELP 25 GESINNE

Me. Freda Pieterse en haar Gr. 9A3-klas.

WISH (Wees Iemand Se Held) kon hierdie kwartaal genoeg kruideniersware insamel om 25 gesinne te help. ‘n Kompetisie is gehou waar Hoërskool Punt se registerklasse teen mekaar gekompeteer het om te kyk wie die meeste kruideniersware vir behoeftige gesinne kan insamel.

Die wenners was 9A3 met 282 items. Hulle het ‘n “civvie-dag” gewen. In die tweede plek was 11E1 met 91 items en in die derde plek was 10A5 met 72 items. Hulle het onderskeidelik cupcakes en lekkers gewen. In totaal is 584 items ingesamel. WISH bedank elke leerder en ouer wat ‘n bydrae gemaak het.

Hoërskool Punt samel steeds deur die jaar kruideniersware en toiletware in vir verspreiding aan gesinne wat dit benodig.  Leerders en ouers wat bydraes wil maak (kruideniersware, toiletware en speelgoed) of ‘n borgskap of finansiële bydrae wil maak tot hul jaarlikse kerspakkies (behoeftige gesinne, Môreson Kinderhuis en Bethesda Hospitaal), kan dit afgee by Hoërskool Punt of me. van Staden kontak by die skool.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal